Withuis: Steeds geen ooreenkoms oor skuldperk nie

‘n Tweede vergadering tussen die Withuis en die Republikeinse kongreslede oor die verhoging van die federale regering se skuldperk van 31,4 triljoen Amerikaanse dollar het ten einde geloop sonder enige vordering en geen bykomende vergadering is neergelê nie. Die nuus kom minder as twee weke voor 1 Junie, waneer wanbetaling sal plaasvind met rampsoedige gevolge. Die Withuis erken dat daar groot verskille tussen die twee kante is. Republikeine sê hulle sal nie ‘n verhoging in die federale regering se leenbeperkings goedkeur sonder ooreenkoms oor skerp bestedingsbesnoeiings nie.