Withuis sê hy het nie geweet van Libanon-aanvalle nie

Die Withuis sê Amerika was nie betrokke by die dodelike aanvalle in Libanon nie. Minstens 20 mense is dood en meer as 450 beseer nadat tweerigtingradio’s in Libanon ontplof het. Dit volg nadat ʼn vlaag roepradio-ontploffings minstens 12 mense se dood veroorsaak het terwyl byna 3 000 beseer is. Die aanvalle was gemik op lede van die militante Hisbolla-groep. Die woordvoerder van Amerika se Nasionale Veiligheidsraad, John Kirby, sê hulle is diep bekommerd dat spanning in die streek kan toeneem: