Withuis opgetower vir Kersfees

Ongeveer 25 kranse, 41 Kersbome, 300 kerse, tienduisend ornamente en byna 80 000 liggies sal die Withuis hierdie feestyd versier. Amerika se presidentsvrou, Jill Biden, het die versierings onthul wat frontlinie-werkers vereer wat tydens die Covid-pandemie volhard het. Die tema is Geskenke uit die hart. Biden sê die dinge wat ons as heilig beskou, verenig ons en oorbrug afstand, tyd en selfs die beperkings van ‘n pandemie.