Withuis 2024: Ramaswamy onttrek

Vivek Ramaswamy, het sy Withuis-veldtog beëindig en Donald Trump onderskryf. Hy het redelik power vertoon in die Iowa-koukus. Ramaswamy, ‘n vurige verdediger van Trump deur sy veldtog, het waarskynlik vir homself ‘n plek in die Republikeinse politiek in die toekoms verseker, maar Trump het hom egter in die laaste paar dae sleg gesê en beweer dat ‘n stem vir Ramaswamy ‘n stem vir die “ander kant” was.