Wit Bengaalse tiere uiteindelik vry

Twee wit Bengaalse tiere wat voorheen in ʼn woonbuurt in Boksburg aangehou is, het ʼn nuwe tuiste gevind by ʼn DBV-geakkrediteerde natuurlewe-reservaat in die Vrystaat. Die tiere is in 2021 die eerste keer op ʼn eiendom langs ʼn dagsorgsentrum opgemerk. Die Dierebeskermingsvereniging se nasionale raad sê die tiere se vrylating was indrukwekkend, maar ook hartverskeurend. Die diere het opgewonde na vryheid gespring terwyl hulle die eerste keer ooit gras onder hulle pote gevoel het.