Wisselkoers-manipulasie benadeel ook Namibië

Standard Chartered, ‘n Britse bank, het erken dat hy tussen 2007 en 2013 deelgeneem het aan valuta-manipulasie van die Amerikaanse dollar tot Suid-Afrikaanse rand-wisselkoers. Dit het 28 Suid-Afrikaanse banke en sowat 1 triljoen Namibiese dollar in daaglikse transaksies betrek. Die banke sluit in Nedbank, FirstRand en Standard Bank, wat ook in Namibië aktief is. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomo Hei, ekonoom en besturende direkteur van High Economic Intelligence, gesels oor hoe hierdie manipulasie die Namibiese ekonomie beïnvloed het, aangesien die Namibiese dollar aan die rand gekoppel is, en hoe dit die man op straat geraak het.