Winnie Mandela-inisiatief wil vroue landwyd help
In die buurland stig die Vroueliga van die ANCvandag die Winnie Mandela-vrywilligersliga in Khayelitsha, Kaapstad.. Die inisiatief eer die nalatenskap van die ontslape Madikizela-Mandela, en lig haar toewyding uit aan geregtigheid, gelykheid en bemagtiging van vroue. Die liga sê die bekendstelling beklemtoon sy vasberadenheid om Madikizela-Mandela se ideale landwyd te bevorder, en die rol van vroue te erken in Suid-Afrika se voortgesette stryd om gelykheid en maatskaplike geregtigheid.