Windies se Dwayne Bravo tree uit, sluit by KKR aan as mentor

Krieket: Die voormalige veelsydige Windie-speler, Dwayne Bravo, het sy uittrede uit die beroepspel aangekondig na 21 jaar. Sy afskeidsveldtog in die Karibiese Premierliga is vroeër die week kortgeknip weens ‘n liesbesering. Die 40-jarige tree uit nadat hy die meeste paaltjies in die T20-formaat laat kantel het, naamlik 631 in 582 wedstryde. Bravo het hom by die verdedigende kampioen van die Indiese Premierliga, Kolkata Knight Riders, aangesluit as mentor vir volgende jaar se seisoen.