Windhoekers se afslag vir herkoppeling is verby

In November verlede jaar het die munisipale Raad van Windhoek ‘n vermindering van 33,3 persent tot 15 persent goedgekeur vir die voorafbetaling wat klante moet betaal om hul ontkoppelde munisipale dienste weer aan te sluit. Hierdie reëling het op 31 Mei 2022 geëindig, en die huidige kredietbeheer is ten volle van toepassing op alle inwoners vanaf hierdie datum. Stad Windhoek se skakelbeampte, Lydia Amutenya sê aan Kosmos 94.1 Nuus sake gaan nou soos normaalweg voort.

Talle plaaslike owerhede regoor die land het uiters groot uitdagings met veral agterstallige waterrekenings na die regering opdrag gegee het in Maart 2020 dat gratis watervoorsiening verskaf moet word aan alle inwoners, ongeag die stand van hul rekenings. Die opdrag is ingevolge die uitbeking van Covid-19 gegee.