Windhoekers moet water spaarsamig gebruik

NamWater en Stad Windhoek versoek inwoners van Windhoek en omliggende gebiede om water spaarsamig te gebruik nadat die pypleiding vanaf die Von Bachdam naby die weegbrug by Brakwater gebreek het. Tans is al Windhoek se reservoirs op hul normale bedryfsvlakke en dit behoort waterverbruik in die stad te onderhou tot vanmiddag. Inwoners moenie tuine natmaak, swembaddens volmaak, of motors was nie. Daarna sal watertoevoer met boorgatwater aangevul totdat NamWater die herstelwerk aan die pyplyn voltooi het. Inwoners kan bruinerige boorgatwater ervaar, maar dit sal ontsmet word met geen kommer oor die geskiktheid van menslike gebruik nie.