Windhoekers gaan op 15 en 20 Julie wateronderbrekings hê

Stad Windhoek het inwoners gewaarsku oor twee beplande wateronderbrekings op onderskeidelik op 15 Julie en 20 Julie om ses-uur die aand. Dit is weens die beplande sluiting van die Von Bachdam-Windhoek-toevoerlyn deur NamWater. Boorgate sal gebruik word om die watertekort aan te vul. Inwoners van Brakwater, wat water direk uit die Von Bachdam kry, word gemaan dat hulle geen water sal hê nie. ‘n Beroep word op inwoners gedoen om water spaarsamig te gebruik.