Windhoek Stadspolisie vier môre 15de bestaansjaar

Windhoek Stadspolisie vier môre amptelik 15 jaar van diens aan die gemeenskap in die hoofstad. ‘n Verskeidenheid van aktiwiteite word beplan. Kosmos 94.1 Copps en Road Watch sal deel wees van die straatoptog wat in Onafhanklikheidsrylaan sal plaasvind. Inwoners word daaraan herinner dat die boonste parkering by Stad Windhoek se hoofkantoor vir die publiek gesluit sal wees. Die vieringe sal vanaf half-agt môreoggend tot een-uur die middag plaasvind. Lydia Amutenya, woordvoerder van Stad Windhoek nooi Windhoekers uit om saam te vier.