Windhoek se waterbesparingsteiken met 13% oorskrei

Die hoofstad se water-situasie word al hoe meer benard, veral omdat inwoners steeds nie gehoor gee aan pleidooie om water spaarsamig te gebruik nie. Die Stad Windhoek sê die waterbesparingsteiken is verlede week met 13 persent oorskrei. Die burgemeester van Windhoek, Queen Kamati, waarsku dat die raad binnekort gedwing kan word om ‘n ernstiger Kategorie D of Ernstige Waterskaarste te verklaar, in ooreenstemming met die Waterbestuursplan. Die raad het reeds in Junie verlede jaar ‘n Kategorie C-waterskaarste verklaar. Kamati voeg by dat die beskikbare oppervlakwater itans sowat 50 persent minder is as dieselfde tyd verlede jaar.