Windhoek se water sal anders lyk, ruik en proe

Die Stad Windhoek sê met die waterskaarste benut hy nou sy boorgate om aan vraag te voldoen en daarom sal die water se kleur, geur en smaak geraak word. Die Stad sê daar is geen risiko’s aan die water verbonde nie en dit is veilig vir gebruik. Sentrale bronne staan op 21,4 persent met Von Bachdam wat net meer as 11 persent water het. Windhoek se waterbronne benut sy herwinningstelsels, boorgate, die akwifer en NamWater se voorsiening van die sentrale damme. Die Stad herinner weer inwoners om die teiken van 10 persent besparing te behaal.