Windhoek se swembaddens maak die naweek oop

Windhoek se swembaddens maak die naweek weer oop ná dit moes sluit weens die Covid-maatreëls. Die regering het intussen die maatreëls verslap en die aantal mense wat openbare byeenkomste mag bywoon verhoog. Lydia Amutyna van Stad Windhoek sê die publiek kan nou weer in die hitte lafenis by die swembaddens gaan vind. Sy maan egter dat die nodige Covid-maatreëls steeds gevolg moet word.