Windhoek se stadsraad is verrot

Die Windhoek-burgemeester Sade Gawanas sê die stadsraad verval as gevolg van ‘n paar individue. Sy het vanoggend haar eie perskonferensie gehou en beskryf Maandag s’n as ‘n opportunistiese stap deur die voorsitter van die bestuurskomitee.

Behalwe die wanbestuur in die stadsraad, groei die uitdagings steeds, veral met onwettige elektrisiteitsverbindings.