Windhoek oorskry waterbesparings met 27%
Stad Windhoek het weer sy kommer uitgespreek oor waterverbruik tussen 31 Oktober en 6 November. Die teiken vir verbruik is weer oorskry met 27 persent op net meer as 536 000 kubieke meter, teenoor die nodige amper 423 000 kubieke meter wat geteiken word. Die Von Bachdam is tans op net 17,9 persent en saam met Swakoppoort voorsien die twee damme die sentrale gebied, nie net die hoofstad nie. Omatako is reeds ‘n geruime tyd dolleeg. Stad Windhoek sê huishoudings en besighede moet ‘n 10 persent besparing aanteken.