Windhoek munisipale tariewe styg effektief 1 Oktober

Die Stad Windhoek het aangekondig dat munisipale tariewe effektief 1 Oktober styg. Die tariewe is op 14 Junie vanjaar deur die stadsraad goedgekeur, ooreenkomstig die Wet op Plaaslike Owerhede van 1992, soos gewysig. Water, tariewe en belasting, riool en afvalbestuur is nou 5 persent hoër. Al die verhogings word in die munisipalitiet se tariefboek uiteengesit wat op sy webwerf beskikbaar is. Dit kan ook gevind word in die Staatskoerant Nr. 8463, gedateer 1 Oktober 2024.