Windhoek moet water bespaar, maar stad is traag oor veldtog
Stad Windhoek sê sy inwoners moet hul waterverbruik dringend afskaal, aangesien die weeklikse teiken van 10 persent besparing telkens oorskry word. Die stad beleef kategorie C-waterskaarste en met die sentrale damme wat slegs 22,6 persent vol is, is waterbesparing van uiterste belang. Inwoners word versoek om nie meer as 50 liter water per persoon per dag te gebruik nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya, gepraat wat inwoners aanmoedig om minder water te gebruik.