Windhoek mis weer waterbesparing-teiken

Met net 26 persent waterbronne in die sentrale drie damme en Von Bachdam wat op 16,4 persent staan, is waterbesparings nie meer ‘n opsie nie. Voorspellings vir reënval bied ook geen hoop dat die damme wel water in die huidige seisoen sal inneem nie. Stad Windhoek sê die teiken van 10 persent waterbesparings in die hoofstad vir die week van 14 tot 20 November is weer oorskry, met verbruik wat 23 persent bo die teiken wat aangeteken is.