Windhoek Lager is koning by NBL

Namibia Breweries Limited, NBL, sê die land se biermark het in die tweede helfte van die 2024-boekjaar aansienlik herstel en 58,9 persent van die totale volume bygedra. Volgens die maatskappy se tussentydse resultate kan die herstel toegeskryf word aan Windhoek Lager se handelsmerk-herlewing. Die Suid-Afrikaanse biermark het van 28,9 persent tot 16,8 persent van die volumebydrae gedaal. Uitvoerbiervolumes het ook ‘n afname van 3 persent tot 2 persent gehad. Wyn het dramaties gegroei van 2,2 persent in 2023 tot 13,5 persent in 2024. Siders het ook goed gevaar en van 0,6 persent tot 4,5 persent van volume gestyg. Die spiritualieëkategorie, hoewel nog klein, het van 0,1 persent tot 0,8 persent toegeneem, wat die groeiende vraag na gediversifiseerde alkoholiese drank weerspieël.