Windhoek kry 7,9% meer vir krag, mits hy alles nakom

Die Elektrisiteitsbeheerraad het ‘n kragtarief-verhoging van 7,9 persent vir Stad Windhoek, wat 10,4 persent gevra het, goedgekeur. Nored, wat 7,7 persent gevra het, het 6,6 persent ontvang. Maar, beide se verhoging kan nie nou geïmplementeer word nie. Petrus Johannes, waarnemende uitvoerende hoof by die beheerraad verduidelik wat die probleem is.

Die tariefverhogings vir al die ander verspreiders is vroeër bekend gemaak. Indien jy dit misgeloop het, gaan kyk gerus op ons webtuiste by kosmos.com.na onder die nuus-skakel.