Windhoek keur veel minder bouplanne goed, Swakop veel meer
Die boustatistieke vir September toon ‘n aansienlike maandelikse afname in Windhoek se bouplangoedkeurings in Windhoek, in teenstelling met ‘n sterk toename in Swakopmund. Windhoek se goedgekeurde bouplanne het met 35,14 persent maand-tot-maand gedaal, van 222 in Augustus tot 144 in September. Swakopmund het ‘n sterk herstel beleef, met goedkeurings wat met 57,81 persent op ‘n maandgrondslag gestyg het, van 64 tot 101. Op ‘n jaargrondslag het Windhoek se goedkeurings met 17,71 persent gedaal terwyl Swakopmund ‘n inkrimping van 12,17 persent aangeteken het, wat breër markuitdagings in die konstruksiesektor weerspieël.