Windhoek is sonder slangvangers

Daar is geen slangvangers meer in Windhoek nie. Namibian Marshal Ranger Sean Naude sê hy het vandag verneem dat nog ‘n slangvanger wat slange in Windhoek red en verwyder, nie meer die dienste aanbied nie. Dit laat Windhoek met geen slangvangers meer om die publiek te help nie. Naude sê as ‘n persoon wat dit vir jare gedoen het, verstaan hy waarom slangvangers handdoek ingooi, want dit is te duur om dit op eie koste te doen. Hy sê ongelukkig help die omgewingsministerie nie met befondsing of ondersteuning van slangvangers nie. Naudé het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…