Windhoek: Gratis water is verby

Stad Windhoek het begin om gratis watertoevoer na Windhoek se plattelandse informele nedersettings te beëindig weens ‘n finansiële las van ongeveer 90 miljoen Namibiese dollar. Die stad se woordvoerder Harold Akwenye, sê die munisipaliteit kan nie die finansiële las van gratis watervoorsiening wat in Maart 2020 as ‘n regeringsvoorskrif ingestel is, volhou nie. Die raad het reeds in November 2021 besluit om die voorsiening van gratis water effektief teen Februarie 2022 te beëindig. Die munisipaliteit bestee ongeveer 4 miljoen dollar maandeliks om gratis water aan die landelike gemeenskappe te voorsien. Die sluiting van dienste sal in fases gedoen word en sal teen einde April voltooi wees. Voorafbetaalde water sal dan weer beskikbaar wees.