Windhoek Fashion Week vind vanaf 1 to 7 November in die hoofstad plaas

Die jaarlikse MTC Windhoek Fashion Week vind vanaf 1 to 7 November in die hoofstad plaas. Wenners staan die kans om 50 000 Namibiese dollar te wen. Mode-ontwerpers van Namibië en ander Afrikalande sien uit daarna om hul skeppings op die loopplank uit te stal.Luis Munana, die stigter, het aan Kosmos 94. Nuus gesê dit gaan goed met die voorbereidings vir dié glansgeleentheid.