Winde sing groen-waterstof se lofliedere

Groen waterstof is nie net op almal se lippe in Namibië nie. Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, het die noodsaaklikheid beklemtoon van groen waterstof om Suid-Afrika se energie-aanbod te diversifiseer. Hy het op die tweede Groenwaterstofberaad in Kaapstad gepraat. Die Oos-, Noord- en Wes-Kaap het ingestem om hande te vat in ‘n poging om Suid-Afrika as wêreldsentrum vir die vervaardiging van groen waterstof en afgeleide produkte te posisioneer. Namibië en Suid-Afrika het ook verlede week ooreenkomste aangegaan om saam te werk op soortgelyke projekte. Winde is aan die woord.