Winde moet Bibi arresteer, nes hy met Putin gedreig het

Die Palestine Solidarity Campaign Cape Town skaar hom by godsdiens-organisasies, die burgerlike samelewing, politieke partye en menseregtegroepe wat eis die Wes-Kaapse regering moet sy onomwonde steun en solidariteit met die mense van Palestina betoon, net soos hulle by die mense van Oekraïne gestaan het. Die aktiviste het ‘n opmars na die provinsiale wetgewer gehou om ‘n memorandum aan die speaker Daylin Mitchell te oorhandig. Die organisasie wil hê die premier, Alan Winde, moet beloof om die Israeliese premier Benjamin Netanyahu te arresteer, net soos hy beloof het om Vladimir Putin in hegtenis te neem.