Winde: Meer werksgeleenthede moet geskep word
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, dring by die ANC-regering aan om voorrang te gee aan pogings om die werkloosheidskoers te verminder, in sowel die provinsie en dwarsdeur die land. Hy was ʼn spreker tydens President Cyril Ramaphosa se Sesde Presidensiële Imbizo oor die distriks-ontwikkelings-model in die Wynland-distriksmunisipaliteit. Winde erken daar is vordering gemaak om werkloosheid te verminder, maar benadruk meer moet gedoen word.