Winde maan teen skade aan diplomatieke bande tussen SA en VSA

Die Wes-Kaapse regering is uiters besorgd oor berigte dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het en waarsku dit kan ekonomiese en diplomatieke bande met Amerika skaad. Premier Alan Winde sê die ekonomie sukkel as gevolg van die uitwerking van die Covid-pandemie en beurtkrag en dit is noodsaaklik om handelsverhoudinge met sleutelvennote soos Amerika te koester. Winde vra hierdie bewerings moet ondersoek word, asook ‘n verbintenis om handelsverhoudinge te beskerm.