Winde het geen plan nie – GOOD
Die GOOD-party sê dit is duidelik die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het nie ‘n samehangende plan het om die lewens van die armes, die gemarginaliseerdes en die haweloses te verbeter nie. Die premier het gister by die opening van die provinsiale wetgewer ’n toespraak gelewer waar hy gefokus het op begrotingsbesnoeiings, werkskepping, infrastruktuur en veiligheid en sekuriteit. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Winde het nie daarin geslaag om ‘n padkaart met die nodige en relevante bestuursprioriteite voor te lê nie: