Winde gesels met Kosmos 94.1 oor prins William se besoek
Prins William het die Earthshot-prys deur sy Royal Foundation in 2020 begin om nuwe idees aan te moedig om omgewingsprobleme op te los, met die fokus op jong entrepreneurs en innoveerders. Dit is in 2021 bekendgestel en die eerste drie toekenningseremonies is in Brittanje, die Verenigde State en Singapoer gehou. Vanjaar word die seremonie in Kaapstad gehou, en William het ‘n tydjie in die Moederstad deurgebring. Alan Winde, die premier van die Wes-Kaap, het eksklusief met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die belangrikheid daarvan om hom daar te hê.