Wimbledon se vroue-afdeling nou wyd oop

Tennis: Wimbledon se vroue-afdeling kan enigiets oplewer nadat die voorste twee gekeurde spelers die naweek uitgeskakel is, naamlik die wêreld nommer een, Iga Swiatek van Pole, en nommer twee, Coco Gauff van Amerika. Slegs twee van die top-tien is oor – die vierde gekeurde Elena Rybankina van Kazakstan en die sewende gekeurde Jasmine Paolini van Italië. Die plaaslike gunsteling, Emma Raducano, het ook verloor. Die 19de gekeurde Amerikaner Emma Navarro lyk gevaarlik nadat sy met Gauff sowel as die viermalige Grand Slam-kampioen, Naomi Osaka van Japan, afgereken het.