Wimbledon-kampioen verloor teen kwalifiseerder in Aussie Ope

Tennis: Die Wimbledon-kampioen, Marketa Vondrousova, se aanslag op die Australiese Ope is onverwags beëindig in die eerste ronde in Melbourne toe ‘n kwalifiseerder haar in skoon stelle geklop het. Die sewende gekeurde Tsjeggiese speler het 1-6, 2-6 teen Dayana Yastremska van Oekraïne verloor. Die Amerikaanse Ope-kampioen, Coco Gauff, het maklik met Anna Karolina Schmiedlova van Slowakye afgereken om na die tweede ronde deur te dring. Die vierde gekeurde Amerikaner het met 6-3, 6-stroop geseëvier. Die 19de gekeurde Oekraïnse speler, Elina Svitolina, en die 25ste gekeurde Elise Mertens van België het ook gewen.