Wilro vat sy derde Tara-tydren

Die M&Z Motors Tara-tydren is deur Wilro Dippenaar en sy navigator Carolyn Swan gewen. Dit was die 53ste uitgawe van die tydren wat die jaar oorgeneem is deur M&Z Motors as hoofborg. Die maatskappy het aangedui hy sal volgende jaar ook betrokke wees. Die uiters gewilde tydren het plaasgevind oor 18 trajekte oor twee dae. Sewentien motors het ingeskryf met vier wat uitgeval het. In tweede plek was Alan Martin met navigator Maretha Olivier. Dit is nie Dippenaar se eerste oorwinning nie, hy het in 2011 en in 2017 die tydren gewen. Hy het by die wenstreep met Kosmos 94.1 se Francois Lottering gesels.