Williamson en Woakes speel in ’25 se SA20

Die oud-Nieu-Seelandse kaptein Kane Williamson en die veelsydige Chris Woakes van Engeland speel volgende jaar die eerste keer in die SA20 nadat hulle ‘n kontrak onderteken het met Durban’s Super Giants. Williamson het uitgetree as die kaptein van die Swart Pette toe hy ‘n nasionale sentrale kontrak vir die volgende seisoen van die hand gewys het om in Januarie na Suid-Afrika te kom, en sê die SA20 lyk regtig opwindend. Woakes sluit aan by sy nasionale spanmaats Joe Root en Ben Stokes in die kompetisie. Root speel vir Paarl Royals, terwyl Stokes sy kontrak verleng het met M-I Cape Town.