Wilgenhof Alumnivereniging gaan hof toe oor sluitingsbesluit

Die Alumnivereniging van Wilgenhof gaan ’n regterlike hersiening aanvra om die besluit van die raad van die Universiteit Stellenbosch om te keer om Wilgenhof-manskoshuis tot 2026 te sluit. Die universiteit voer aan dit moet opgeknap en hervorm word, in ooreenstemming met moderne waardes. Alumni-woordvoerder, Jaco Rabie, beskryf die sluiting as onaanvaarbaar en sê dit gaan die gemeenskap ontwrig. Die raad is egter van mening dat ʼn opgeknapte koshuis onaanvaarbare gebruike van die verlede sal uitwis, insluitend die vleisfees en die geheimsinnige Nagligte.