Wildebeest-reëls sal spesie se bewaring negatief raak – Napha

Die versterking van dubbelheining-regulasies vir wildebeesbestuur het debat ontketen, met die Namibië Professionele Jagvereniging, Napha wat die regulasies teenstaan weens kommer oor die impak daarvan op wildebeesbewaring. Die regulasies, wat deur die Direktoraat Veeartsenydienste beopdrag is, vereis dat boere dubbele heinings rondom wildebeeskampe oprig as daar vee op die plaas is, met die doel om die verspreiding van snotsiekte, te voorkom. Dubbleheinings werk uiters duur uit vir grondeienaars en dit kan die bewaring van die spesie in gedrang plaas. Belanghebbendes voer egter aan dat hierdie regulasies kan lei tot die uitskakeling van wildebeeste op kommersiële plase, wat biodiversiteit, toerisme en die jagbedryf kan beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha-president Axel Cramer gesels, wat sê hulle werk saam met die Veeprodusente-organisasie en die Namibië Landbou-unie om ‘n oplossing te vind wat veegesondheid en wildbewaring balanseer.