Wildbeskermingsdiens kry N$19,8 miljoen se bakkies, toerusting

Teen-stropery pogings in Namibië het ‘n hupstoot van 19,8 miljoen Namibiese dollar gekry. Die omgewingministerie het ‘n skenking van 21 viertrek-patrolliebakkies, ‘n Toyota Corolla sedan asook informasie tegnologie-toerusting van Duitsland vir sy Wildbeskermingsdiens in ontvangs geneem. Duitsland se ambassadeur in Namibië,  Dr Thorsten Hutter, het by die oorhandiging gesê die items is aangeskaf onder die Geïntegreerde Wildbeskermingsprojek, IWPP, wat mede-gefinansier word deur die Duitse ekonomiese samewerking en ontwikkeling-ministerie, of BMZ, deur die KfW Ontwikkelingsbank.