Wiele draai stadig vir vergoeding van slawerny, kolonialisme

Dit is vandeesweek die 30ste herdenking van die Abuja-proklamasie. Dit is in 1993 op die Organisasie vir Afrika-eenheid se eerste Pan-Afrika Konferensie oor Vergoeding in Abuja, Nigerië, uitgevaardig. Die proklamasie eis dat Westerse lande wat voordeel getrek het uit vier eeue van slawe-arbeid en ‘n eeu van koloniale uitbuiting, Afrika vir dié skade vergoed. ‘n Hoogleraar aan die Universiteit van Pretoria, professor Adekeye Adebajo sê die stryd teen slawerny is oor geslagte heen gevoer, en die veldtog om vergoeding vir slawerny en kolonialisme sal ook stadig verloop.