Wie betaal vir Nandi-Ndaitwah se reise – ek en jy?
Die kantoor van die Otjozondjupa-streek se goewerneur onthaal vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah vanaand by Peace Garden in Grootfontein. Daar is glo sleutelareas van belang wat die goewerneur onder haar aandag wil bring. Nandi-Ndaitwah is egter ook vise-president van Swapo en ‘n presidentskandidaat, en reis regoor die land in aanloop tot die verkiesing om haar manifes asook die van Swapo bekend te stel. Swapo sê hy het nie geld vir ‘n buitengewone kongres nie, wat sommige lede wettiglik nastreef om ‘n nuwe partypresident te kies. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat, wat wonder of Nandi-Ndaitwah se reise deur belastingbetalers of die party betaal word.