Whk se raadsvergadering vanaand en later, uitgestel

Stad Windhoek het aanpassings aan die datums vir sy gewone raadsvergadering wat vanaand gehou sou word gemaak. Die vergadering is uitgestel is na Woensdag, 8 November om half-ses. Die stad sê verder dat die raadsvergadering wat vir Donderdag, 16 November belê is, uitgestel is na Donderdag, 30 November om half-ses, terwyl die spesiale raadsvergadering, wat die nominasie, verkiesing en inhuldiging van die ampstermyn 2023-24 dek, onveranderd bly, soos geskeduleer, vir Vrydag, 1 Desember.