Whk se mislukte fietsrybane sal vervang word met iets beter

Verkeerskeëls wat fietsrybane in Florence Nightingalestraat in Khomasdal aanwys, is deur die weer verniel en deur motors beskadig. Die keëls is onder die Stad Windhoek se Transformatiewe Stedelike Mobiliteitsinisiatief aangedryf en deur destydse burgemeester Job Amupanda aangebring. Die stad het egter begin met die implementering van ‘n nuwe nie-gemotoriseerde vervoernetwerk. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hilda Nathnael, die koördineerder van die Stad Windhoek se slimstad- en vervoerafdeling, wat sê die keëls sal met meer permanente strukture vervang word.

Nathnael sê die stad mors nie geld nie en probeer alle padgebruikers insluit.