Whk-oumense kan nog tot 31 Mei kwytskelding kry
Die Stad Windhoek het aansoeke vir sy skuldverligtingsprogram vir pensioenarisse tot 31 Mei verleng. Die Windhoek munisipale raad het die 524 miljoen Namibiese dollar skuldafskrywingsprogram op 30 November verlede jaar goedgekeur, met spesifieke bepalings en voorwaardes. Een daarvan is dat die skuldafskrywing slegs skuld dek wat tot 30 November verlede jaar aangegaan is, en enige daaropvolgende skuld moet ten volle betaal word om vir die program te kwalifiseer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lydia Amutenya, woordvoerder van die Stad Windhoek…