Whk-Okh-roete Mei ’24 voltooi, verbypad in Augustus oop

Die Paaie-owerheid sê die hoofweg tussen Windhoek en Okahandja sal teen Mei volgende jaar voltooi wees. Die owerheid se hoof uitvoerende beampte, Conrad Lutombi sê die projek beloop 2 miljard Namibiese dollar. Die roete tussen die Omakunde en Gross Barmen wisselaars sal teen einde Augustus van jaar oopgemaak word. Hy voeg by dat die projek deel gevorm het van die Harambee-welvaartsplan en dus, is dit 100 persent deur die regering befonds. Oor die aantal snelweë wat tot dusver gebou is, sê Lutombi daar is die Windhoek-Okahandja-, Windhoek-Hosea Kutako- en Walvisbaai-Swakopmund-paaie, en die owerheid beplan ook om ‘n snelweg van Windhoek na Rehoboth te bou.