Whk moet weer skoonste stad op vasteland word

Die Windhoek-skoonmaakveldtog, wat daarop gemik is om die stad tot sy eertydse glorie te herstel en sy titel as Afrika se skoonste stad te herwin, is in die hoofstad van stapel gestuur. Die drie maande lange veldtog is ‘n samewerkende vennootskap tussen die Stad Windhoek, MTC, die Omgewingsbeleggingsfonds, of te wel EIF, en NamibRe, wat almal saam 775 000 Namibiese dollar tot die inisiatief bygedra het. Bome sal ook geplant word. Windhoek se burgemeester, Sade Gawanas, sê die vinnige bevolkingsgroei binne die stad, sowel as gepaardgaande ekonomiese ontwikkeling sleutelfaktore is wat bydra tot die stad se huidige uitdagings vir afvalbestuur. Rwanda se hoofstad, Kigali, is tans die skoonste stad in Afrika.