Whk moet versigtig met water, Von Bach-pypleiding moet nog reggemaak word

Stad Windhoek het ‘n beroep op inwoners te doen om water spaarsamig te gebruik. Volgens NamWater sal die hoofstad Dinsdag sonder water wees omdat daar ‘n lekkasie in die pypleiding vanaf die Von Bach-dam na Windhoek is. Om dringende herstelwerk uit te voer, sal water-onderbrekings Dinsdagoggend vanaf agt-uur tot die aand agt-uur duur. Die stad se kommunikasiebeampte, Lydia Amutenya het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.