Whk behaal weer nie besparingsteiken nie
Tussen 4 en 11 November het Stad Windhoek se inwoners weer nie die 15 persent teiken vir waterbesparings behaal nie. Verbruik was 14 persent oor die besparingsteiken. Die Stad se uitvoerende hoof Moses Matyayi het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat sy waterbesparingsveldtog einde Februarie vanjaar sou begin maar tot op hede was daar niks. Intussen berig plaaslike media dat die burgemeester Queen Kamati tydens die Stad se gewone raadsvergadering besparings bepleit het en sê die situasie is dringend.