White wil Moody as senter inspan

Die Bulle se direkteur van rugby, Jake White, beplan om die veelsydige Springbok-agterspeler Canan Moodie toenemend as senter in te span in dié seisoen se Verenigde Rugbykampioenskap- en Kampioenebeker-kompetisie. Hy was buitesenter, met David Kriel aan sy binnekant, toe die Pretoriase span Ulster Saterdag op Loftus oortuigend verslaan het met 47-21. White sê die nommer 13-trui is waarskynlik die 21-jarige se langtermyn-toekoms, en het sy veelsydigheid geloof. Hy sê dis ongelooflik vir so ‘n jong speler om op 13, 14 én 15 te kan speel.