WGO wil Palestynse vroue en kinders ontruim 

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy wil tot ʼn duisend Palestynse vroue en kinders deur Israel na lande in die Europese Unie stuur. Dit is deel van voortgesette planne om individue vir lewensbelangrike behandeling na derde lande te stuur. Die WGO in Europa het sedert die begin van die Israel/Hamas-oorlog in Oktober verlede jaar reeds 600 mediese ontruimings van Gaza na sewe Europese lande moontlik gemaak. Die WGO sê hy vra lankal vir ʼn skietstilstand.